Genomineer vir die 2021 ATKV-Veertjie vir liefdesromansCorali dra net wit en swart maar dis nie oor die dood van haar man wat sy rou nie. As kunstenaar treur Corali oor iets heel anders en as vrou treur sy oor soveel meer as haar huwelik.
Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe 'n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is 'n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is 'n leesvraat, 'n onbehendige tuinier en 'n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag 'n meermin.