Claire Odendaal moet geld verdien vir haar verdere grade om sielkundige te word. Sy word 'n au pair vir die moeilike stiefdogter van wewenaar Adrian Lawrence, eienaar van 'n landgoed en 'n tegnomaatskappy. Claire en Adrian is aangetrokke tot mekaar, maar sy is ambisieus en hy wil nie weer trou nie.