|
DIE SKRYWER
Antjie Krog is in die Vrystaat gebore en het daar groot geword. Sy was die redakteur van die tydskrif Die Suid-Afrikaan en het later jare as 'n radio joernalis gewerk wat die Waarheids-en-versoeningskommissie se verhore gedek het. Sy hetook vir verskeie koerante en joernale geskryf. Antjie het die grootste pryse gewen in byna al die genres en media waarin sy gewerk het: poësie, niefiksie en vertaling. Maar sy het hoofsaaklik as 'n digter geleef. Haar bekende poësie versamelings vir kinders is Vetplantfeetjies en Fynbosfeetjies.
THE AUTHOR
Antjie Krog was born and grew up in the Free State. She became editor of the Afrikaans current-affairs magazine Die Suid-Afrikaan and later worked as a radio journalist covering the Truth and Reconciliation Commission hearings, all the while writing extensively for newspapers and journals. She has won major awards in almost all the genres and media in which she has worked: poetry, non-fiction and translation. But mainly, she has lived as a poet. Antjie's poetry collections for children, Vetplantfeetjies and Fynbosfeetjies, are vastly popular.
|